Wanneer je op safari gaat spreek je natuurlijk ook een beetje
AFRIKAANS..
!!
Die wonderlike wxeareld van vraatsugtige roofvisse


Die gevreesde mensvreter van die see… sxf3 is die witdoodhaai alte dikwels ten onregte uitgebeeld. In der waarheid, sxea die kenners, is hy eerder ‘n ‘vriendelike monster’, wat nie gebore in staat is om tussen ‘n seeleeu en ‘n branderplank te onderskei nie. Die mens se onkunde en selfs gevoelloosheid oor al die baie soorte haaie is inderdaad besig om ‘n belangrike skakel in die ekologie van die see te ontwrig…
”HAAI!” gil een van die baaiers. ”Daar’s ‘n haai!” weergalm talle van die ander. Kille paniek laat die menigte uit die branders storm — soos in ‘n nagmerrie waarin dit vir hulle voel of hulle lood aan hul voete het en eenvoudig nie gou genoeg kan wegkom nie. Kort daarna word ‘n ongelukkige slagoffer met bloeiende wonde oor die seesand na ‘n wagtende ambulans gedra.
Sulke tonele speel hulle gelukkig deesdae maar selde langs die Suid-Afrikaanse kus af, maar daar was ‘n tyd in die jare vyftig toe Durban die reputasie van die gevaarlikste haaistrand ter wxeareld gehad het.
Genadiglik is baie egter sedertdien gedoen om ons baaiers teen haai-aanvalle te beskerm. En gelukkig weet ons vandag soveel meer oor haaie en hul gedrag dat ons met hulle kan saamlewe sonder om hulle voor die voet te wil verdelg.
Daar is haaie van allerhande groottes en temperamente. Terwyl party soorte rats en aggressief is, is ander sku en traag, soos die langsame bodembewoners wat die see vir skulpvis en plankton deurkruis.

Hulle wissel in grootte van die dwerghondhaai wat in die palm van jou hand kan pas tot die 14 m lange walvishaai wat so groot soos ‘n bus is — hoogs uiteenlopende soorte wat in dosyne afsonderlike ekologiese plekke aangetref word. Die meeste haaie word egter in warm oseane gevind.
Haaie word as die super-roofdiere van die see beskou. Hulle word gereeld as verstandelose moordmasjiene uitgebeeld, maar is in der waarheid hoogs gesofistikeerde jagters wat hul skerp sintuie gebruik om hul prooi te soek.
Enige van die haai se hoogs ingestelde sintuie kan hom na sy prooi toe lei. Wanneer hulle saam gebruik word, is die slagoffer se doppie feitlik verseker geklink. Benewens dieselfde vyf sintuie as dixe9 van die mens, het haaie ook nog die unieke sintuie van meganoresepsie, of ”aanraking op ‘n afstand”, en elektroresepsie, die vermoxeb om die swak kragveld waar te neem wat deur ander diere opgewek word en binne ‘n meter of wat rondom hulle waarneembaar is.
